banier

Welkom by "Die Wit Hand" ! Laat ek myself bekend stel: ek is Corné Engelbrecht en op hierdie webbladsy gaan ons Suid-Afrikaanse spookstories uitruil en geniet. As u daarvan hou om op donker, stormagtige aande die deure te sluit en op te krul met 'n grieselige spookstorie of om voor 'n knus kaggelvuur te gaan sit met 'n paar goeie vriende om te luister na stories wat die hare laat rys, skuif gerus nader !

As u met die lees van die titel van hierdie bladsy 'n klokkie, of iets dergeliks, hoor raas het, was u vermoede heel moontlik in die kol. Die titel is ontleen aan 'n spookstorie van C.J. Langenhoven, vertel deur ene Hans Tysse. Langenhoven se derde bundel in sy versamelde werke verskaf 'n goeie wegspringplek vir enige persoon wat meer wil weet oor Suid-Afrikaanse spoke.

Ek gebruik nou wel die term "spookstorie", maar daarmee bedoel ek regte gebeurtenisse. In die reël sal ek graag wil fokus op moderne Afrikaanse spookstories, maar as u van 'n ouer vertelling weet wat dalk nie so bekend is nie, sal ek ook graag van u wil hoor. Sou u lus wees om 'n stukkie fiksie aan te stuur, sal ek dit met die grootste liefde plaas, maar verwittig my tog net van die feit, omdat ek tog nie ondersoek na ondersoek kan loods om vas te stel of dit die ware Jakob of blote spekskietery is nie.

Op hierdie stadium wil ek dit beklemtoon dat ek bloot geïnteresseerd is in spookstories per se. Ek is geen voorstander van die oproep van geeste, die speel van glasie-glasie en soortgelyke duistere aktiwiteite nie. Tot dusver het ek al 'n geweldige hoeveelheid vertellinge deurgewerk op die Internet en een ding wat soos 'n paal bo water staan, is dat okkultiese bedrywighede, sonder enige uitsondering, net probleme bring. Ons verstaan nog hopeloos te min van hierdie dinge om sonder meer daarmee in te meng.

'n Ander ding wat my geweldig fassineer en baie goed aansluit by spookstories is spookfotos. Ek is oortuig daarvan dat daar in baie huisgesinne oor die land se fotoversamelings eienaardige fotos is wat hulle nie kan verklaar nie. Alhoewel VVV's nie juis verband hou met spoke nie kan ons die afdeling taamlik wyd oopgooi om byvoorbeeld ook fotos daarvan te kan akkommodeer.

As u dan 'n bydrae wil maak of sommer net wil gesels, skryf aan my per epos of stuur slakpos aan die volgende adres:

Posbus 5823
Rustenburg
0300


VERHALE

1. Die spook in die ablusie
2. Spook in 'n generatortrok
3. Die spookmotor naby Clanwilliam
4. Onderhoud met Wikkie
5. Die reuk van viooltjies...
6. Die Engelsman by Olifantspoort
7. Die doodskis by Syferbult
8. Die spooklig op Shuluwe
9. Die skraal vrou in die pikswart rok
10. Driehoek se spoke
11. Die Kakie en die kol
12. Afkop-Jim in die skoolkoshuis
13. Vreemde teenwoordigheid in 'n kitskosrestaurant
14. Billy se besoeker
15. Ons trek !
16. Die kwaai spook van Phalaborwa
17. Die droom van die huis in Parys
18. VVV oor Durban gesien (Engelse berig)
19. 'n Paar stories uit Worcester
20. Die spookmotor op die N7
21. Die seuntjie in die hospitaal
22. Dodeselle in Pretoria
23. Die huis in Warmbad
24. Blyderivierpoort vakansie
25. Spookstorie uit Rawsonville
26. Die spook in die skoolsaal
27. Sy oupa se dood/die foto in die boekrak
28. Die spook in die hospitaal se hysbak
29. Vlamme in 'n motorhuis
30. Blonde spook in 'n ou plaashuis
31. Die spookhuis in Robertson
32. Kombuisspoke, een wat skoonmaak en een wat water kook !
33. Wilma Allen se stories
34. Sewe stories van Belinda
35. Die huis in Ermelo
36. Die hond en die spook / Die padspook naby Northam
37. Leona se voorbode / Spook by Kaapstad Internasionaal
38. Rosalie van Eeden se stories
39. Die ryloperspookvrou van Swakopmund

SPOOKFOTOS

1. Die tavernespook van Maritzburg
2. Die spookfoto van Pilgrim's Rest
3. Twee foto's met ektoplasmas
4. Spooklig ("orb") by Plettenbergbaai
5. Die Kasteel by Elarduspark
6. Selfoonfoto met spookkind
7. Selfoonfoto van 'n gryse spook
8. Wilma Allen se foto's
9. Spookgesig in die parkie

DERGELIK

ANDER INTERESSANTE SKAKELS

'N PAAR NUTTIGE PROGRAMME

U is besoeker no.: Site Meter

GOEIENAG...LEKKER SLAAP.

Hierdie webwerf is gelys by