|
Persoonlik glo ek nou nie regtig in spoke wat wit is en bo
die
die aarde sweef nie, maar ek het al self 'n ervaring of twee gehad wat
ek
dalk aan 'n gees of so iets sal toeskryf. Jy weet die gevoel wat baie
mense
van praat as jy op die plek kom. 'n Koue gevoel omring jou en jy is
baie
onrustig en dis of jy aanvoel daar is iets daar.
Een só 'n gebeurtenis
onthou
ek baie goed en as jy dalk dit wil plaas net om uit te vind of iemand
anders
dalk ook die ervaring gehad het. Ek sal graag wil weet of daar 'n
verduideliking is vir die ervaring.
Dit het die 1ste April 1995, vroeg Saterdagaand, plaasgevind. (En
nee dis
nie 'n Aprilgek-grappie nie). Ons was in 'n kitskoswinkel op Magaliesburg op
pad na
Pilansberg. Nadat ons die bestelling geplaas het is ek na die dames
toilet.
Ek onthou daar was een deur wat na die mans en dames gelei het, wanneer
jy
die deur oopmaak is daar trappies af en 'n muurbalbaan aan jou
regterkant.
Ek het dadelik 'n onrustige gevoel gehad toe ek die deur
oopgemaak het.
Dan links was daar deure na die mans en dames afsonderlik. Nadat ek in
die
dames in is het ek hierdie ongelooflike koue beklemming gekry en dis
of daar
iets daar was, dis baie moeilik om die gevoel te beskryf. Maar dit was
onuithoudbaar versteurend en vreesaanjaend tergelyk. Ek is so vinnig
as wat
ek kan uit die toilet uit en terug by ons tafel. My metgesel is kort
na my
terugkeer ook toilet toe sonder dat ek enige iets aan hom genoem het
van my
ervaring.
Na ons ete terwyl ons vir die rekening gewag het, het ons
begin
praat en het hy my gevra of ek iets gevoel het toe ek toilet toe was.
Met
die wat ons daaroor begin gesels vind ons dat ons altwee die snaakse
ervaring
gehad het.
Tot vandag toe wonder ek of iemand dalk daar oorlede is, of die
enigste
ander verduideliking wat ek aan kan dink, is dat iemand of 'n groep
persone
dalk geeste daar opgeroep het. Miskien is daar iemand wat weet wat
die
verduideliking is.
|