DIE HUIS IN ERMELO

Ons het so rukkie terug by my sus in 'n woonstel gebly in Ermelo in hul erf. Dit was in Smutsstraat in 'n ouerige huis. Met die eerste intrapslag het mens al besef dinge was nie so lekker in die huis nie.

No 1. As mens in die sitkamer ingegaan het was dit nie koud nie maar vuurwarm (en jy wou graag nie alleen daar binne gewees het nie). Ons moes gordyne ophang, maar nie een van ons twee wou alleen in die kamer wees nie. Dit het gevoel of iemand die heel tyd vir jou kyk, en dan natuurlik die warmte. Maak nie saak hoe koud dit was nie, die sitkamer was altyd warm.

No2. My sus se man het een aand nagdiens gewerk en sy was alleen in die huis met naaldwerk besig. Sy het n warm gevoel gevoel en die volgende oomblik het al die kaste (wat gesluit was) oop gevlieg. Sy het haar boeglam geskrik en ons geroep om by haar in die huis te slaap. Ons het by haar in die huis geslaap maar was baie onrustig, dit was asof iemand jou die heel tyd dophou (so 'n aangluur gevoel). Na so rukkie het ons wakker geskrik van 'n geluid wat uit die sitkamer gekom het (soos deure en vensters wat oop en toe gegaan het) ons het mooi netjies agter mekaar sitkamer toe gesluip (die uwe,ekke natuurlik heel agter) by die sitkamer weer die warm gevoel gekry maar net mooi niks gesien nie, met die omdraaislag het ek my boeglam geskrik vir 'n gedaante wat vir my kyk. Groot was my verligting toe ek agterkom dis my beeld (of was dit) wat in n groot spieël weerkaats het.

No3. My sus se kleindogter het 'n rukkie kom kuier vir haar en ek moes een aand na die kind gekyk het. Die aand het die kind gaan bad en ek het gou my sus se kombuis vir haar skoon gemaak. Ek het stemme gehoor in die badkamer en gaan hoor of die kind my roep, in die badkammer was niemand, die kind was besig om aan te trek in die kamer en wou by my weet of ek haar geroep het. Ons het weer die warm gevoel gekry en is met 'n spoed uit die huis en het in my woonstel gaan sit.

No4. Ons oudste sus het vir ons kom kuier, en het die aand nie te goed gevoel en vroeg gaan in kruip. Skaars 'n uur nadat sy gaan inkruip het het ons haar hoor gil en het sy met n groot gesukkel vertel dat sy amper aan die slaap geraak het toe sy so 'n warm gevoel in haar nek voel. Sy het haar oë oop gemaak en al wat sy kon sien is n ouerige vrou se gesig vol verbande naby haar eie. Sy wou nie meer in die kamer slaap nie.

No5. My sus se seun en vrou en kinders het kom kuier, en het in die einste kamer geslaap. Die nag het die vrou wakker geword van 'n gestoei lang haar en my sus se seun aan die stoei gesien met niemand. Sy het die lig aangeskakel en hom gevra wat aangaan en hy het haar vertel dat iemand hom probeer verwurg het en dat hy moes stoei vir sy lewe. Sy het hom vertel dat daar niemand anders as net hul 2 in die kamer was. Die volgende oggend het my sus se kleinkinders haar meegedeel dat daar n tannie in hul kamer was wat hul die heeltyd oop getrek het.

No6. Ons was vir die dag dorp toe om inkoppies te doen en met ons terugkoms het ons 'n gehoes gehoor op die stoep, my sus het oopgesluit en daar was niemand (die gehoes was die van 'n ouerige persoon). Die aand het ek en my man wakker geword van voetstappe op ons trappies, gedink dis my sus wat ons kom roep, oopgesluit maar niemand was daar nie. Het my sus die volgende oggend gevra of dit sy was maar dit was nie sy nie.

No7. My sus het 'n bediende (swart vroutjie) gekry om haar in die huis te help. Die bediende het so 'n week daar gewerk en weggeloop. Ons het haar eendag in 'n winkel raakgeloop en gevra hoekom sy net weg is. Sy het ons vertel dat dit gevoel het of iemand haar die heel tyd met hul oë deurboor het, en dat die huis se hitte veral in die sitkamer boos was.

No9. Ons hondjie wat ons gehad het sou die heel tyd op een plek gaan sit het en die heel tyd net vir een kol gekyk het. Dit was so vir elke dag. Die heel tyd. Ons sou altyd iets buite hoor maar as jy gaan kyk was daar niks. Die een aand was my sus en haar kleindogter weer alleen in die huis toe iemand my sister se bed ooptrek by haar voete en daar gaan sit, sy het haar bedlampie aangesit en niemand gesien. Haar kleindogter het die kamer binnegestorm en was baie bleek en het gese dat 'n oom op haar bed kom sit het en haar oop getrek het. Dit was die laaste strooi, en sy het besluit om te trek. Die plek is in Ermelo, in Smutsstraat. So ouerige wit groot huis.

Terug na die Wit Hand