DIE HOND EN DIE SPOOK/PADSPOOK NABY NORTHAM

Ek het twee kort stories wat ek hier gaan saamgooi, ek doen dit met dank aan Carme Lombard en Charmaine.

Die hond en die spook

My Pa het vir my vertel dat sy pa groot geword het in 'n huis wat regtig gespook het, hy het nie regtig die plek gesê waar my oupa groot geword het nie maar kom ek begin! Een aand het my oupa en sy broer gaan slaap in 'n kamer buite die huis en hulle het 'n slaap hond (?) gehad en een aand het die hond verskriklik geblaf en hulle moes uitgaan om hom stil te maak want netnou gaan hulle hom doodskiet. My oupa en sy broer gaan uit, toe hulle buite kom het die hond regop gestaan. Dit het gelyk asof hy teen iemand staan maar daar is niemand nie, sy stert swaai heen en weer! Daai aand was my oupa en sy broer dadelik terug en diep onder die kombers geklim en styf teen mekaar gelê !

Die padspook tussen Northam en Swartklip

Die pad tussen Swartklip en Northam is sowat 12km. Dit spook so erg daar dat die swart mense wat by 'n klein supermark gewerk het geweier het om saans of laatmiddag geweier het om die pad te ry. So het ek een Sondagaand na die kerk op Northam toe gegaan. Dis was 6 uur in die aand, toe ek voet in die hoek sit om betyds te wees vir die diens. My motor se ligte het op 'n vrou wat in die middel van die pad gestaan het geskyn. Ek het gerem, maar met die spoed wat ek gery het, het ek nie dood gerem nie, want ek was op 'n hoë spoed. Op daai oomblik was ek geskok, want die vrou het nie pad gegee nie. So +- 5 meter spring sy reg voor my kar in. Ek het gevloek en ek het reg deur haar gejaag! Ek het stil gehou en gaan kyk wat gebeur het. Ek het my motor se ligte geskyn op die plek wat ek dink sy was, en het nooit die vrou gekry nie. Teen die spoed wat ek gery het en die feit dat ek haar nie kon kry nie spook vandag nog in my...

Terug na die Wit Hand