BLYDERIVIER POORT VAKANSIE

Ek het die volgende lekkerleesstorie van Burt gekry oor 'n eienaardige gedierte wat hy jare gelede in die oos-Transvaal gesien het. Dit laat 'n mens besef dat hierdie kontinent nog baie donker en ongetem is...

Ek en my niggie is in 1997 met vakansie na Oos Transvaal waar ons op Aventura se BLYDERIVIER POORT gebly het. Met die inloopslag was daar reeds stories dat van die personeel wat op die perseël bly skape en bokke "verloor" het. Nie te veel daaraan gesteur nie en ons is saam met my tannie, nefie en oom na ons Chalets toe waar ons vertrek het na die swembad om af te koel. Net soos wat dit nou is as jy 16 en 17 is sal daar mos ander ook wees en ons ontmoet toe 'n paar lekker gesellige jong mense.

Hulle praat toe ook van die Weerwolf wat besig is om die diere hier te terroriseer. "Nonsens man, daar bestaan nie sulke goed nie, waar in die lewe!" was my uitroep toe een van die seuns voorgestel het ons doen ondersoek later die aand. Natuurlik was ek meer bang as enige iets anders aangesien ek 'n phobie gehad het met sulke figuure, vampiere en weerwolwe. Dit was so soet sappig uit een gesit dat ons toe nou maar instem om die aand saam te karjakker na die "verbode" dele waar net personeel en land eienaars toegelaat was. Die van julle wat al in Oos Transvaal was weet dat dis groot oop spasies op 'n lang strek van geen beligting gronpad.

Die aan loop ons 3 voor en 3 agter, natturlik is ek half in die middel omdat ek die vreeslikste gevoel gehad het die hele tyd, ek luister aandagtig vir snaakse geluide (ek wat nie glo nie hoor). Na 'n uur se stap en niks excitement nie belsuit ons om almal huiswaarts te keer, almal is nou meer gerus aangesien ons bevestig het wat ons almal gehoop het, DAAR IS NIKS HIER NIE. Ons het 'n paar keer geskrik vir wilde honde in die verte en bobbejane se uitroep geluid maar nietemin was die aand redelik onproduktief.

Ons was omtrent 'n kilometer weg van die ingang by die vakansieoord en die beligting het beter begin word hoe nader ons gekom het, dit is hoekom die volgende gebeure so onsettend onverwags was. Ettiene was een van die oudstes van ons groep en het redelik geirriteerd geraak met die aan se "jag" en sodoende 'n ent ver vooruit geloop. Die res van ons het grappies gemaak en rustig geloop toe ons hom voor ons sien doodstil staan, ons het sy naam herhaaldelik uitgeroep maar hy het geen reaksie gewys nie en hardloop toe nader. "Wat is dit?" vra ons. "Ek het iets gesien hardloop maar dit was te groot, di's asof dit teen die koppie afgehardloop het in die verte en toe ewe skielik stop". Hy snik na sy asem, sy hande en voorkop blink van die sweet, die groot boersuen het geskrik vertel ek myself. Die meisies raak ongelowig bang, ons begin rondtrippel, steeds lyk Ettiene asof hy 'n standbeeld is. Eugene en Marko probeer slim klink en nie bang lyk nie maar ek kan sien hulle wil hardloop.

Toe hoor ons dit, takke wat breuk en sand wat skoffel asof iets baie stadig nader beweeg, dit raak stil en toe kom dit. Die ding hardloop nou ons sien die lang swart figuur in die maanlig teen die koppie af, nie een van ons is seker nie maar dit is groot en hardloop in ons direksie. Sonder om 'n woord te sê begin ons almal hardloop, die suens is agter ons, hulle skreeu dat ons net vorentoe moet bly hardloop en nie omdraai nie. Ettiene is heelvoor en hy is amper weg van my sig toe ek 'n swaar figuur langs my hoor, ek skreeu uit vir my niggie maar sy is ver agter my, die figuur bly langs my hardloop.

In die hoek van my oog vang ek iets wat nou plat is in die lang gras, amper asof dit nou hande vier voet hardloop. My hart klop en my keel word droog, "asseblief Here bring ons net veilig terug". Ek sien die ligte van die vakansie oord se hekke, ek skruee vir hulp en bid dat daar iemand is by die hekke, Marko is nou langs my en die res agter. Dit voel asof ek 'n Marathon hardloop, ek haal hard asem en die res roep uit ons moet stadiger, die figguur hardloop steeds langs ons, iemand begin hartsogtelik snik, sy's bang. Ons begin die teerpad trap, di's afdraande en die lang gras word dig bome maar steeds voel ek die ding langs ons hardloop, nou kan ek hom nie meer sien nie. Marko is soos 'n Cheetah, hy raak al hoe vinniger. Ek kan hom nie meer sien nie, hy's klaar om die draai ek is alleen. Die res is te ver agter ek kan nie nou stop nie.

Ek hoor 'n harde slag net toe ek die hekke binne gaan, soos 'n botsing van swaar voertuie. Ek wag, dit voel soos ure voordat die res daar kom en my oë hardloop vinnig deur almal om seker te maak daar is niemand missing nie. Marko en Ettiene staan kop onderstebo by die lampaal reg langs die ingang. Almal is stil en vir 'n paar minute haal ons eers hard asem, die meisie wat ek nie ken nie huil nogsteeds, sy snik en haar gesig is bloedrooi net soos die res van ons sin. Ettiene vloek lang Afrikaanse woorde in 'n oomblik van hitte, hy val op die gras neer en hou sy kop in sy hande. "Wat de d@#$! Was dit Eugene"? Ons almal kyk vir mekaar en wonder hoekom vra hy hom. "Hoe moet ek weet"? Die argument duur voort totdat die hekwag nader stap, ons word ingelig dat dit Eugene se idee was en dat Ettiene teen dit was van die begin. "Why are you children out so late"? Vra die wag baie kortaf. Nie een van ons antwoord nie en die uitdrukking op sy gesig raak al hoe snaakser, lateraan bars hy uit van die lag "you saw the black dog?"

Ons kyk verward na mekaar en hy glimlag breed "it's not really a dog, we really don't know what it is but it's harmless it's been here for as long as I can remember but you youngsters are only part of a few that saw it". Marko se Ingels is sleg en hy probeer verduidelik presies hoe die ding lyk. Ek vat oor en die man lag al hoe harder want hy dink ons is heeltemal mal, "I'm only joking, there is no such thing but you guys looked like you could do with some cheering up". Hy stap weg en ek voel hoe ek vuur uit my oë kan spoeg. Daai aand besluit ons saam oor wat gebeur het, ons het 'n swart figuur in die maanlig sien hardloop en niks meer nie vertel ons toe onself. Ons reken ook dat die dier in iets moes vas hardloop en dat dit die slag was wat ons gehoor het.

Nutteloos om te sê die res van die vakansie was droog en nie een van ons het na donker uitgegaan nie. 'n Dag voor ons vertrek het daar 'n groot skinderstorie geloop dat 'n wilde dier gisteraand in een van die kraale gevang is en dat hy toe geskiet is. Party mense het gesê dit was 'n swart Arabierse wolf wat sy trop verloor het, ander het weer gesê di's 'n wilde hond wat al van toeka tyd hier is. Die storie onder die plaaslike mense en personeel was dat dit 'n maanhaar leeu was wat mal geword het en mense begin eet het. Hulle het gesê dat daar al talle vermiste kinders en vrouens aangekla is in die swartgebiede waar die mense net in hutte geslaap het en geen weerstand gebeid het nie.

Niemad sal weet behalwe die 6 jong mense wat daai aand met hulle lewe weggekom het nie, ek vir een sal dit nooit vergeet nie.

Terug na die Wit Hand