Selfoonfoto van 'n gryse spook


Carl Bekker het ook vir my 'n foto gestuur wat van 'n selfoon kom. Ek het so bietjie verstel aan die foto om dit duideliker te kry en as dit wel die ware Jakob is het ons iets baie interessants hier beet. Dit lyk of die foto in 'n kombuis geneem is (stoof in die agtergrond) met die spook wat aan die regterkant van die foto te sien is. Ek sien iets wat soos hare op die hoof lyk, die persoon lyk of hy boontoe kyk, baie prominente neus en dalk 'n mond ook. Baie "stewige" spook as ek so mag sê ! - nie deurskynend nie. Dit lyk of hy 'n geruite groen of blou hemp dra, oop by die kraag voor. Kom ons stel Carl aan die woord....

My Suster se dogter het vir my die foto gestuur. Sy sê sy het nie die foto geneem nie, maar sy kry die foto op haar foon. Die foto is binne die huis geneem en die figuur van iemand is duidelik sigbaar op die foto, alhoewel n mens nie regtig kan sien hoe die een lyk nie. 'n Hele paar mense het al gesê dat hulle iemand in die huis gesien het. Die persoon pla niemand en is net sigbaar vir die mense. My kinders het hom al self daar gesien (hul sê dit is n oom). Ek het al probeer om die foto duideliker te kry sonder sukses, die foto is soos hy op haar selfoon is. Ek het hom ge"copy" en hom probeer duideliker maak. Het iemand 'n verduideliking vir die foto of is dit 'n figuur. Die persoon wat die mense sien is blykbaar n gryse man.

Terug na die Wit Hand