Twee foto's met ektoplasmas

Dit was met groot vreugde wat ek twee spookfoto's van Maria Gerber ontvang het. Bostaande foto is geneem in Ermelo van 'n familielid van Maria vir wie sy die rok gemaak het. Sy sê dit lyk of die ektoplasma (dis blykbaar wat dit genoem word in die wêreld van spookfoto's) óf van die agtersitplek kom óf op pad is daarheen.

Hierdie een is 'n vreemde foto in Maria se versameling en sy ken nie die mense of die huis op die foto nie. Die wasigheid op die foto kan natuurlik aan sigaretrook toegeskryf word, maar u sal saamstem dat sigaretrook gewoonlik nie op só 'n aardige manier versprei nie.

Baie dankie, Maria ! Ek hoop die besoekers van hierdie webwerf gaan nog baie foto's aanstuur.

Terug na die Wit Hand