VLAMME IN 'N MOTORHUIS

Ek was aangenaam verras om weer 'n storie te kon ontvang en hierdie maal van Carl Bekker. Dit is duidelik uit sy storie dat sekere mense die aangebore vermoë het om spoke en sulke verskynsels te kan sien en ander nie, en dat dit ook oorgedra word van ouer na kind (in hierdie geval van sy pa af na hom toe).

Ek was is so in standard twee om en by 1976.Ons het in Balfour Tvl. gebly. My ouma wat 'n jarelange inwoner van Balfour was het by ons gebly, my ouma was siek en ons het Balfour toe getrek sodat my ma my ouma kon help met die losieshuis wat my ouma bedryf het. My Pa het 'n vervoerbesigheid gehad. My pa het 'n trek gery en die mense het met my pa gereël om die geld op 'n latere tydperk te betaal. My pa het een aand toe hy terugkom van sy roete vir my ma gesê om saam te ry om die geld te gaan haal. My pa het 'n Opel Rekord gehad met een lang sitplek voor. My ma het bestuur en ek het tussen my ma en pa gesit.

Dit was redelik donker toe ons by die huis stop en my pa uitklim en na die huis stap. My pa was net so n rukkie in die huis toe die motorhuis se deur oopgaan (ons het niemand buite gesien nie). Dit was van die opwipdeure, soos wat die deur oopgaan het ek gesien dit is vreeslik verlig binne in die motorhuis. Ek het gesien hoe iets uitkom en dit lyk of vlamme op die iets is. Dit het ongeveer 30cm bo die grond gesweef. Ek het my ma gevra wat dit was – maar my ma het niks gesien. Ek het my ma die hele tyd gesê en gewys waar die vlamme beweeg, maar sy het niks gesien. Die vlamme het toe by die deur waar my pa in is gaan staan. Toe my pa uitkom het die vlamme langs my pa beweeg, my pa het vinnig geloop en vinnig in die kar gespring en gesê ry – ry.

My ma het vir my pa gevra wat is fout – hy het gesê niks – ry net. Daarop het my ma hom gevra of hy gesien het wat ek gesien het. Na ek my pa vertel het wat ek gesien het – het hy dit bevestig. Ons het by die huis gekom en my ma het my ouma vertel wat ek gesien het. My ouma het ons vertel dat daar n man en vrou gewoon het en dat die man die vrou verneuk het met n ander vrou. Die vrou het toe petrol oor haarself uitgegooi en haarself in die motorhuis aan die brand gesteek. Ek het nog nooit weer terug gegaan om weer daarvoor te kyk nie.

Ek het weer van voor hoendervleis gekry om net weer daaraan te dink.

Terug na die Wit Hand