Die kwaai spook van Phalaborwa

Dit was lekker om onlangs weer 'n nuwe spookstorie te kon ontvang en hierdie maal het dit gekom van Maria Gerber. Een van die eienaardighede van die spookwęreld is dat spookaktiwiteit gewoonlik begin, of selfs vererger, wanneer daar veranderinge aan huise aangebring word. Ons sien in Maria se storie 'n goeie voorbeeld van hierdie feit.

Ek het dit tydens 'n kuier in Pahalaborwa by 'n vriendin gehoor. Sy vertel dat hulle ongeveer 4 jaar gelede vanuit Lydenburg na Phalaborwa getrek het en daar 'n huis gekoop het. Met hul intrek was niks vreemd of snaaks nie maar na 'n ruk het eienaardige dinge begin gebeur. Die aktiwiteite vertel sy het gewoonlik die meeste voorgekom in die omgewing van die kombuis en eetkamer en 'n gedeelte van die gang. Sy het by tye 'n swart waasagtige figuur sien beweeg in die huis. Die troeteldiere nl. 'n kat en hond het ook met tye geweier om in die kombuis in te kom om hul kos te eet.

Sy vertel ook een spesifieke voorval het die kat, wie se gebruik was om vanaf die eetkamer deur die "bedieningsvenster" na die kombuis te spring. Hy het in "mid-air" vasgesteek en teruggespring sonder enige verduideliking. Die hond sou ook byvoorbeeld in die kombuisdeur staan met gerysde hare en weier om in te gaan. Die komberse is ook van hul afgetrek gedurende die nag en oor die hond gegooi. Die kinders het gekla dat iemand op hul voete kom sit in die middel van die nag.

Nadat hulle egter verbeterings aan die huis aangebring het het dit vererger. Die "spook" het goed begin rondgooi en deure in hul gesigte toegeklap. Haar moeder het opgemerk dat hy dalk kwaad was oor die veranderings. Ook nadat hul van vakansie af terug gekeer het was hy besonder aktief. Seker kwaad omdat hulle hom alleen gelos het. Sy het egter niks hiervan aan haar man vertel nie omdat hy nie aan sulke dinge glo nie.

Een dag egter het sy op hom en haar moeder afgekom in die se kombuis en het sy gehoor dat hy haar vertel dat alles in hul huis nie pluis is nie. Dat sy hare begin rys wanneer hy in die gang af stap en dat hy nie sy vrou en kinders daarvan wil vertel nie.

'n Ruk daarna het 'n dame egter daar kom tee drink en in die gesprek is haar aandag gedurig weggelei deur iets in die eetkamer. Sy het egter niks gesę nie en het hulle die volgende Sondag vir tee genooi. Die benoemde vrou vra toe aan my vriendin of sy weet dat daar iemand in hul huis is. Sy sę toe ja sy is bewus van 'n teenwoordigheid. Die dame het haar toe meegedeel dat dit 'n langerige man is wat sy eie lewe in die huis geneem het en nie tot rus kan kom nie. Hulle het kort daarna die huis verkoop en 'n ander een op die dorp gekoop. Die mense wat egter die huis gekoop het het slegs 'n maand daar gebly voor hulle skielik uitgetrek het.

Terug na die Wit Hand