DIE HUIS IN WARMBAD

Van 'n dame wat ek net JCJ gaan noem het ek die volgende verhaal oor 'n droom ontvang wat later 'n interessante nadraai gehad het. Baie dankie vir jou bydrae.

Ek het die storie gelees van Emily se Ma se droom en dit het my laat sidder om te dink dit het met my ook gebeur!!

My skoonouers het na 'n reuse familiestryery, Warmbad toe getrek. Ons het vir 'n lang ruk geen kontak gehad nie, nie eens geweet wat hul adres is nie.

Ek het meer as 'n jaar na die stryery vir my man gese dat ons soontoe moet gaan, maar hy het gevoel hy is nog nie reg om hulle te sien nie.

Ek het 'n droom gehad, dat ek by my skoonouers se huis in Warmbad aankom en dat sy my deur die huis vat, sodat ek kan sien waar is wat en watter verbeteringe hulle al aangebring het.

'n Paar weke na my droom is my Skoonpa in 'n grusame, onverklaarbare trekkerongeluk oorlede.

By hulle huis aangekom, vir die eerste keer, het my hare regop gestaan!!

Nog voor ons uit die kar uitgeklim het, het ek my man herinner aan my droom en ek het weer vir hom die huis se uitleg verduidellik. Ons het ingegaan en dit was soos in my droom!!!

Ek het nie geweet of ek moet lag of huil nie. My Skoonma het natuurlik nie gedink ek is snaaks nie.

Terug na die Wit Hand