Die tavernespook van Maritzburg

Op Maritzburg is daar 'n kroeg wat met 'n inwonende spook spog. Dinge het daar begin eienaardig raak met die dood van 'n sersant genaamd Bosch in die jaar 1919. Hy was in 'n ongeluk met 'n Harley Davidson-motorfiets reg voor die kroeg waar hy in 'n paal vasgery het. Sy passasier was 'n dame met die naam Anne Smith en het later herstel, maar Bosch het na die ongeluk met die trappe opgesteier en dood neergeslaan voor die deur.

Na die ongeluk is die liggaam verwyder en die polisie het 'n foto geneem van die ongelukstoneel. Die foto is ontwikkel en daar is ontdek dat daar 'n vae afbeelding van die gestorwe sersant op die foto is. Hierdie foto het vandag glo 'n ereplek in die kroeg.

Van die personeel wat vroeër op die eerste vloer gebly het, het getrek nadat hulle klop- en suggeluide gehoor het. Die spook het blykbaar ook 'n voorliefde vir die voggies, want omtrent een maal in twee maande sal die personeel 'n halfgeledigde glas bier vind op die toonbank.

Bostaande foto het ek in 'n koerant van 1990 gevind wat ek al lank in my besit het. Die gedeelte met die spook het ek 'n bietjie gekontrasteer om dit duideliker te maak.

Terug na die Wit Hand