Kombuisspoke, een wat skoonmaak en een wat water kook !

Ek gaan twee bydraes hier bymekaargooi, eerstens omdat die eerste bydrae baie kort is en tweedens omdat dit goed aansluit by die tweede bydrae ! Dit kom van Okkie Jansen van Vuuren en van Mariska Botha.

Ek het die vloek of gawe om spoke te sien. Hierdie vertellings is dus vir my baie interessant. Het tot dusver net 2 spoke teegekom wat fisiese goed kan beweeg. In die losieshuis in Kimberley waar ek as jongman gebly het, het die spook van ‘n jongmeisie gedwaal wat enige vuil skottelgoed wat jy in jou kamer los skoongemaak het. Sy was geklee in tipiese vyftigs klere en gereeld in my kamer gekom omdat ek ‘n voorliefde vir daardie jare se musiek het.

***********

Ons het op Villier gebly, in die Vrystaat. Ek onthou toe ons nog redelik klein was het daar al baie mense gesê hulle sien goed in ons huis as hulle daar oornag. Maar soos ek sê toe was ons nog klein.

Soos ek en my sus en boet ouer word het dinge ons begin byval, my vriendin het een aand by my oorgeslaap, ek het by my sus in die kamer geslaap en my vriendin in my kamer, Sy het ons deur die nag wakker kom maak en gesê daar is ‘n tannie wat by die bed vir haar staar en sê sy moet uit of eerder beduie met die hand. Ons het vreeslik gelag en gesê dis haar verbeelding. ‘n paar weke het verby gegaan en my boetie se meisie het kom kuier, waarna dieselfde gebeure met haar in my kamer afgespeel het.

Soos wat sy die volgende oggend badkamer toe is het sy ons geroep en die tannie op ‘n foto wat teen my ma se muur hang geïdentifiseer. Dit was my oumagrootjie. (die huis was baie lank in die familie) Ek en my sussie het menige male wakker geword van iemand wat aan ons vat of ons roep in die aand.

My ma het ons almal een aand ook kom wakker maak en gese ons moet kom kyk wat in die kombuis aangaan, die ketel het gekook, nadat ons hom by die prop afgesit het en toe later uitgeprop het, daarna het dit gereeld met die ketel gebeur, ons het naderhand gespot en gevra of die een wil koffie hê. Die kaste het ook gereeld oopgegaan, al sit my pa stywe hakkies op, hahaha en die tv wat so onverwags net aangaan!!!!

Ons het haar Moana genoem en sy het so deel van die familie geword, selfs van die vriende, as ou Moana besig is dan groet almal vir Moana, my ma skuif dan die volgende dag die huis en dan is ou Moana weer stil vir lank, so het ons maar gegroet en geskuif… Ons hondjie het ook begin knor en blaf vir die lug as Moana begin pla…. Maar sy het ons nooit iets aangedoen nie.

Ons is almal uit die skool en my ouers het getrek en die huis verkoop, die mense wat die huis gekoop het, het my eenmiddag in die winkel voorgekeer en gevra of ons nooit snaakse dinge in die huis opgelet het nie, Want haar dogtertjie sê ‘n tannie kyk vir haar in haar kamer, ek het toe dadelik gevra of die die agterkamer is en sy sê toe ja…. So die dogtertjie is die 3de persoon wat die tannie sien. Hierdie is nie uit my duim gesuig nie en ek kan verwysings gee na almal wat dit kan bevestig.

Terug na die Wit Hand