DIE RYLOPERSPOOKVROU VAN SWAKOPMUND

Dit was vir my baie interessant om te hoor van hierdie spookmeisie van Swakopmund en dat die ou Suidwes ook 'n eweknie het van ons spookmeisie van Uniondale. Ek het dit op Youtube raakgeloop in die kommentaarafdeling en die storie kom van Samantha Müller. Samantha, laat weet maar asseblief as ek die storie moet verwyder. Samantha skryf van die wêreld daar teen die kus by Walvisbaai en Swakopmund. Die ding begin toe 'n vrou vanaf Walvisbaai na haar verloofde in Swakopmund gery het, moontlik op pad na die trougeleentheid. Die inligting is skraps maar ek vermoed dit kon in die jare na Uniondale se ongeluk gebeur het toe vroue meer algemeen self die pad op hulle eie aangedurf het, veral snags. Wat ons wel weet is dat die vrou se motorband pap geword het en dat sy die pad verlaat het, met noodlottige gevolge. Dit het blykbaar op die laaste draai net buite Swakop gebeur. In die jare na die ongeluk het dit dan ook gereeld gebeur dat mense die spookvroutjie langs die pad sou sien waar sy 'n rygeleentheid vra na haar verloofde en dan ook sou vertel van die skade met die band. Sy sou ook net snags verskyn as die motors se agtersitplek onbeset is en sou dan ook net daar inklim. Sy het dan normaalweg gesels met die insittendes maar sou verdwyn net voor die laaste draai voor Swakopmund. Daar is egter 'n interessante kinkel in hierdie spookkabel, sou mense haar egter ignoreer en verbyry sal hulle ook gestraf word met 'n pap wiel ! Dit sal darem nie noodlottig wees tensy jy baie vinnig ry nie, mense ry gelukkig oor die algemeen stadig vanweë die gevaarlike pad.

Terug na die Wit Hand