Spookgesig in die parkie


Ek het die volgende foto's van 'n familievriend gekry terwyl ek in die Kaap gekuier het (September 2022). Ongelukkig het ek nie inligting oor presies waar dit gebeur het nie. In die eerste foto sien ons kinders wat op 'n rondomtalie speel. In die tweede foto het daar egter 'n ander gesig bygekom in die agtergrond.

Ons het die tweede foto mooi bekyk en gewonder of die dogtertjie aan die regterkant se gesig nie dalk deur 'n gesigsherkenningstoepassing gekopiëer is na die linkerkant nie (ek het die gesigte verbloem ter wille van privaatheid). Op die oog af het dit nogal so gelyk maar daar is tog klein verskille. Links onder aan die nuwe gesig is bv. 'n donker kol wat nie sigbaar was in die eerste foto nie.

Ek sou graag wou hoor van mense wat spesialiseer in die ontleding van hierdie tipe foto's. Dalk het daar tog iets onverklaarbaars hier gebeur.

Terug na die Wit Hand