LEONA SE VOORBODE / SPOOK BY KAAPSTAD INTERNASIONAAL

Ek het die afgelope jaar bietjie slapgelê met die bywerking van nuwe stories vir die webtuiste. Hopelik sal Leona en Elsa Allers my dit verskoon ! Ek het Elsa se storie veral geniet, ek vlieg so elke ses maande Kaap toe en dit was interessant om te moes hoor van haar eienaardige ervaring by die lughawe.

Leona se voorbode

Ek moet u vertel wat verlede jaar met ons gebeur het. Met "ons" is dit my suster,my swaer en ek. My kamer is agter en deur my venster kyk ek uit op die agterplaas. Maar eers moet ek u se dat ek sien voorbodes,vandat ek klein was, dwarsdeur my lewe. Ek het op my bed gesit en brei, en toe iets my aandag trek, buite sien ek 'n vrou wat vir my staan en kyk, en ek skrik so groot dat ek my bril wat ek afruk breek. Die rede hiervoor was dat niemand by die hekke kon inkom nie, want alles is gesluit. Dit was 'n gedoente toe ek opvlieg, en my suster by die kamer instorm en vra wat aangaan. My swaer was reg agter haar. Ek staan nog so en praat,toe die kombuis venster bars. Ons hardloop om te gaan kyk,miskien het 'n kind dalk gespeel met 'n bal of iets en per ongeluk die venster raak gegooi, maar daars nie kinders nie en daar le ook nie klippe of 'n bal nie. Ek vertel my suster van die vrou wat ek gesien het. Ons bespreek die ding en laat dit maar daar.

Drie weke daarna is die einste suster van my aan die einde van Februarie in 'n gruwelike ongeluk. Vir 'n volle week was sy in die intensiewe sorg. Sy moes gaan vir bloeding op die brein operasie, maar Goddank sy het die ongeluk oorleef. Lank nadat sy by die huis gekom het,het ons weer gepraat oor die vrou en die kombuis venster. Baie keer vra sy my of ek nie weer die vrou gesien het nie, en ek antwoord haar:nee. Hierdie is die waarheid wat ek vir u geskryf het. Leona

******************************

Spook by Kaapstad Internasionaal-lughawe

Hi daar, Die volgende wil ek graag met jou deel.

Ons was in 2008 as ek reg onthou April paas naweek oppad terug van die Kaap na Durban. Ons het sit en wag op die lughawe in Kaapstad vir ons vlug toe die volgende plaasvind.

My dogter en ek is na die vroue se toilet. Ek was eerste klaar en was besig om my hande te was toe my oog n kleinerige skraal blonde man met krul hare die kleedkamer sien binnekom en by die eerste toilet deur inloop.

Ek het effe verstar en toe my dogter uit die toilet kom vir haar gese om by die kleedkamer deur wag te hou en die man ongesiens te volg as hy uitkom, terwyl ek die sekuriteit gaan roep. Maar eers het ons onderdeur die toilet deur geloer om ons te ve rgewis dat dit werklik n man is wat daarbinne was. Dit was definitief mans skoene wat ons onder die deur ge sien het. Toe ek terug keer met die sekuriteits mense was my dogter nog by die deur en het sy gese die man is nog binne die toilet. Die sekuriteit het onder die deur ingeloer maar gese daar is niemand daarbinne nie geen skoene op die vloer nie. Hul wou die deur oopmaak maar dit was gesluit. Dit was n skuifslot wat net van binne kon sluit. Ons was verstom. Hul het die deur oopgeskop en daar was niemand binne nie. Hul het ook die plafon bekyk om te sien of hy dalk daar in geklim het maar reg bokant die plafon was n yslike beton struktuur waar geen mens kon deur nie. Wel dit was die eienaardigste ding wat ek nog ooit gesien of beleef het.

Terug na die Wit Hand