Die Kasteel by Elarduspark


Nadia van Rensburg het weer vir my 'n foto gestuur en ek ontvang dit graag met dank. Hierdie maal is dit van die Kasteel by Elarduspark en sy het dit so 'n jaar gelede geneem op 'n bewolkte aand. Volgens Nadia het die kasteel en die omgewing normaal vertoon terwyl sy deur die kamera se oogstuk gekyk het maar toe sy later na die foto kyk het die foto 'n rooi skynsel gehad. My vermoede is dat die rede daarvoor nie toegeskryf kan word aan spookagtige dinge nie maar dalk net omdat die kamera hom aanpas by die lae ligintensiteit, gevolglik swaai die kleurskema na die rooi gedeelte van die spektrum. Dit sal natuurlik goed wees as die kiekiekundiges ook kan skryf en hulle kennis met ons deel. Ek het die foto so bietjie ligter gemaak om die effek te beklemtoon.

Nadia vertel dat dit nogal goed spook by die Kasteel en ek sal graag wil hoor van enige vertellinge rondom die plek. Laat hoor gerus van julle !

Terug na die Wit Hand