Spooklig ("orb") by Plettenbergbaai


Ek het bostaande foto van Nadia van Rensburg ontvang en sy vertel dat 'n vriendin die foto geneem het in Plettenbergbaai voor die Beacon Isle Hotel. Nadia wil graag weet of hierdie 'n sg. "orb" is, al wat ek kan sê is dat ek al soortgelyke foto's op ander webwerwe gesien het en dat dit baie lyk soos die lig van 'n kameraflits wat reflekteer van 'n waterdruppel af. Dit is egter logies dat die druppel, as dit wel 'n druppel is, 'n hele entjie voor die kameralens moet wees om só belig te word. Ek sal bly wees as ander fotografie-entoesiaste vir my kan skryf en bietjie help met idees om te verklaar wat hier aan die gebeur is. Baie dankie, Nadia !

Terug na die Wit Hand