Die spookmotor op die N7

Van Rachel van Niekerk het ek die volgende stukkie ontvang oor die spookmotor, of wat dan moontlik een van die spookmotors op die N7 kan wees. Ek vermoed dit kan 'n ander een wees as die motor wat my oom baie jare gelede naby Clanwilliam gesien het. Dankie Rachel, ek hoop daar kom nog mense na vore wat spookmotors daar in my wêreld raakgeloop, of sal ons maar sê, raakgery het.

Ek moet sê ek is baie geïnteresseerd in veral die spookmotor naby Clanwilliam.....ek het self al 'n spookmotor in Garies se omgewing gesien. So paar jaar gelede was ek en my kinders oppad Springbok toe en die motor Kaap se kant toe, dit het net een lig gehad maar toe my dogter en ek weer sien was daar geen motor nie! Ongeveer 2 jaar gelede moes ek noodgedwonge terug Kaap toe teen so half drie die more en 'n lig (soos een lig van 'n motor) het skielik agter my verskyn; hoe vinniger ek ry hoe vinniger het die lig aangekom; ek het koue rillings gekry, (was alleen in die motor!) gebid en skielik was die lig weg. Het al op RSG gehoor van die spookmotor op die N7 en ook gepraat met inboorlinge van Namakwaland wat dit self ondervind het; maar die mense is maar skrikkerig om dit hardop te vertel!

Terug na die Wit Hand