Free Web Site - Free Web Space and Site Hosting - Web Hosting - Internet Store and Ecommerce Solution Provider - High Speed Internet
Search the Web

Spoke by die swembad


Ek het lank laas 'n bietjie tyd afgestaan aan my webwerf en dit is dan ook met groot blydskap wat ek hierdie foto vir julle kan bring. U het al reeds met die persoon "Wikkie" kennis gemaak met wie ek 'n klompie jare gelede mee gesels het en dit was by hom by wie ek hierdie foto gekry het. Hy het dit op sy beurt by 'n ander persoon gekry en hierdie man het dit met 'n digitale kamera geneem. Ek het nie baie inligting rondom die foto nie buiten vir die feit dat dit vroeg vanjaar (2009) geneem is by 'n gewilde kuierplek in my omgewing. Wikkie kon twee entiteite optel in die foto, naamlik een wat net links van die middel van die foto op die rand van die swembad staan en 'n tweede een, minder sigbaar maar blykbaar reg agter die meisies in die swembad. Die foto wat ek ontvang het is 'n rekenaaruitdruk wat ek geskandeer het, vandaar die vertikale strepe in die foto. Die waasagtigheid rondom die spreilig kan mens natuurlik verstaan en dalk nog in 'n mate die waasagtige strepe net regs van die blare, maar die lyne wat vorm gee tot die eerste entiteit kan net nie mooi weggeredeneer word nie.

Terug na die Wit Hand